Wednesday, 13 February 2013

By Sondela

Die naweek van die 8ste was ons eerste naweek af en was heerlik om bikie by die huis te wees en net weer amal te sien. Maandag 6uur moes ons trug wees en was weer hartseer en vol trane om weer totsiens te se, maar was ook leker om trug te wees hi by sondela.

Dinsdag ogend was ons amal weer vroeg op en reg vir klas en vir die week. Woensdag was ons meisies se braai aand by die huis en was wonderlik dat ons meisies amal om die vuur kon sit en gesels en ook leker saam lag.

Ons het ook ons First Aid gedoen was baie intresant en ook baie geleer daai dag. Ons groep was ingedeel en het elke een  n kans gekry om als te doen, maar moet ook se ons groepi was di vinnigste om amal te help wat seer gehaat het en was ook groot pret.

Friday, 1 February 2013

Die mooiste rooikat

ROOIKAT:

Die Rooikat is 'n soogdier en 'n karnivoor en lid van die katfamilie. Daar is 36 wildekatspesies regoor die wêreld. Daar is drie hoofgroepe in die katfamilie: die groot katte, die jagluiperd en die klein katte.

Verwarring bestaan oor die naam van die rooikat weens verwaring met ander katte soos die Lynx en die Bobcat omdat die rooikat ook al bekend gestaan het as die Lynx caracal. Die rooikat deel 'n paar unieke eienskap met die Lynx. Hulle het albei 30 tande waar die meeste katte 28 tande het.




GEDRAG:
Rooikatte is alleenloopende wat slegs vir paardoeleindes bymekaarkom in pare. Elke rooikat sal vir homself n jaggebied afbaken wat hy sal probeer oorheers met sy teenwoordigheid.Die rooikat is 'n skugter dier wat in skeure, boomstompe en ou erdvarkgate wegkruip gedurende die dag, en meestal aktief is in die nag wanneer hy jag. 'n Wye verskeidenheid prooi word gejag deur die rooikat: van klein diere (soos klein wildsbokke, ape, bobbejane, dassies en hase), reptiele en voëls (soos tarentale en poue).

INTERAKSIE MET DIE MENS:
Groot dele van die rooikat se natuurlike jaggebied en prooi is van hom ontneem deur veeboere. Die rooikat word geklassifiseer as 'n probleemdier en word stelselmatig uitgewis deur veeboere. 'n Rooikat kan groot skade aanrig onder 'n trop skape of bokke en sal meer vee doodmaak as wat hy op een slag kan eet. Baie boere beskou die rooikat as 'n pes wat uitgewis moet word, maar ander meer natuurbewuste boere beperk die rooikatgetalle deur hulle reukafskeiding te gebruik om gebiede af te baken.