Friday, 1 February 2013

Die mooiste rooikat

ROOIKAT:

Die Rooikat is 'n soogdier en 'n karnivoor en lid van die katfamilie. Daar is 36 wildekatspesies regoor die wêreld. Daar is drie hoofgroepe in die katfamilie: die groot katte, die jagluiperd en die klein katte.

Verwarring bestaan oor die naam van die rooikat weens verwaring met ander katte soos die Lynx en die Bobcat omdat die rooikat ook al bekend gestaan het as die Lynx caracal. Die rooikat deel 'n paar unieke eienskap met die Lynx. Hulle het albei 30 tande waar die meeste katte 28 tande het.




GEDRAG:
Rooikatte is alleenloopende wat slegs vir paardoeleindes bymekaarkom in pare. Elke rooikat sal vir homself n jaggebied afbaken wat hy sal probeer oorheers met sy teenwoordigheid.Die rooikat is 'n skugter dier wat in skeure, boomstompe en ou erdvarkgate wegkruip gedurende die dag, en meestal aktief is in die nag wanneer hy jag. 'n Wye verskeidenheid prooi word gejag deur die rooikat: van klein diere (soos klein wildsbokke, ape, bobbejane, dassies en hase), reptiele en voëls (soos tarentale en poue).

INTERAKSIE MET DIE MENS:
Groot dele van die rooikat se natuurlike jaggebied en prooi is van hom ontneem deur veeboere. Die rooikat word geklassifiseer as 'n probleemdier en word stelselmatig uitgewis deur veeboere. 'n Rooikat kan groot skade aanrig onder 'n trop skape of bokke en sal meer vee doodmaak as wat hy op een slag kan eet. Baie boere beskou die rooikat as 'n pes wat uitgewis moet word, maar ander meer natuurbewuste boere beperk die rooikatgetalle deur hulle reukafskeiding te gebruik om gebiede af te baken.








No comments:

Post a Comment